Kosbare drinkwater gaan verlore op sypaaidjies in Witirivier op ‘n daagliks as gevolg van gate in die ondergrondse waterpype. Mnr John Burney het die probleem drie maande gelede reeds aangemeld. Maar die probleem het net so gebly en niks is daaraan gedoen nie
Piet Skead van die Belastingsbetalers Vereeniging het gesê hulle en die munisipaliteit is bewus van die probleem. “Dit gaan tyd vat om reg te stel,” sê Skead. “Die watersisteem wat oorspronlik gelê is ondergronds om die water vanaf die Witrivier te vervoerm is verouderd en die pype lek. Louis Ndawe , Witrivier sentrum bestuurder, het reeds ondersoek ingestel en ‘n verslag al deurgestuur na hoofkantoor. Die pype was al ‘n paar keer met pastiek pype gelas maar nuwe lekpunte kom gereeld vorendag. Volgens Ndawe sal daar wel volgende jaar aandag gegee word aan die probleem.”
“Dieselfde situasie is van toepassing op die rioolsisteem van Witrivier. Dit is ook veroudered en aandag sal hieraan ook gegee moet word,” sluit Skead af.
