NewsNewsSchools

Laerskool prysuitdeling

Tydens Laerskool Lydenburg se jaarlikse prestige prysuitdelingfunksie, het leerlinge soos ouder gewoonte behoorlik geskitter en gesorg dat die tafels behoorlik onder al die toekennings kreun. Senior Redaksielid van die jaar Simone van Wyk skryf: ”Ek beskou dit as ‘n voorreg.” ”Ek het gedurende hierdie jaar soveel geleer van kommunikasie, mense, verhoudinge, harde werk en ver …

Tydens Laerskool Lydenburg se jaarlikse prestige prysuitdelingfunksie, het leerlinge soos ouder gewoonte behoorlik geskitter en gesorg dat die tafels behoorlik onder al die toekennings kreun.

Senior Redaksielid van die jaar Simone van Wyk skryf: ”Ek beskou dit as ‘n voorreg.”

”Ek het gedurende hierdie jaar soveel geleer van kommunikasie, mense, verhoudinge, harde werk en ver loop om advertensies te werf en inligting te versamel. My ouers en familie het my bygestaan en ondersteun met hulp, idees en rondry. Berigte skryf, het my geleer van beplanning, organisering, navorsing en om kreatief te dink.

Ek het 21 berigte geskryf en 31 advertensies ter waarde van R10 300 verwerf vir die eerste drie kwartale. Die vierde kwartaal het ek in die eerste week al vyf advertensies gewerf.

Junior Redaksielid van die jaar, Zanri Hanekom skryf: ”Dit is vir my lekker om ‘n redaksielid te wees, veral om advertensies te werf. Ek het ook geleer om nie skaam te wees om met ander mense te praat nie.

Nog ‘n hoogtepunt was die Beeld skoolkoerantkursus aan die begin van die jaar, waar ek baie van joernalistiek geleer het. In die eerste drie kwartale het ek 40 berigte geskryf en 99 advertensies ter waarde van R33 710 gewerf.

Ek moes elke kwartaal vir my pa ‘n melkskommel met my kommissie koop, omdat hy my oral heen rondry om advertensies te kry! ‘n Paar van my berigte het ook in die Steelburger en Highlands Panorama verskyn.

In die derde kwartaal het ek in die eerste week al 12 advertensies gewerf. Ek het hard gewerk om redaksielid van die jaar te word. As ek groot is, wil ek ‘n joernalis word. Baie dankie, Mamma en Pappa vir julle ondersteuning en betrokkenheid. Agter elke suksesvolle redaksielid staan ‘n fantastiese ouer! Sonder elke redaksielid kan daar geen Kletskous wees nie. Trots op julle!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button