Sleutelgat Montecasino
Op 9 September het 34 leerders en ses onderwysers van Hoërskool Lydenburg die langpad Montecasino toe aangedurf om na die militêre taptoe te gaan kyk. Leerlinge is die geleentheid gebied om na militêre orkeste van regoor die wêreld te kyk. Alhoewel daar verskeie hoë gehalte stukke was, blyk dit of meerderheid se gunsteling Top Secret,‘n …
Op 9 September het 34 leerders en ses onderwysers van Hoërskool Lydenburg die langpad Montecasino toe aangedurf om na die militêre taptoe te gaan kyk. Leerlinge is die geleentheid gebied om na militêre orkeste van regoor die wêreld te kyk.
Alhoewel daar verskeie hoë gehalte stukke was, blyk dit of meerderheid se gunsteling Top Secret,‘n bekende dromspelende groep van Swede, was. Daar was onder andere optredes deur die trompoppies van St. Dominic’s School for Girls, die SAP-orkes van Suid-Afrika, doedelsak-orkeste, ‘n groep tromspelers uit Japan en ook verskeie ander orkeste.
Almal het dit vreeslik geniet en wat die dag ekstra spesiaal gemaak het, was die feit dat leerlinge heel voor kon sit en nie ‘n enkele dingetjie mis nie. “Die ligte en atmosfeer was ongelooflik en die dag se uitstappie was beslis een om te onthou,” vertel byna al die kinders met breë glimlagte.
