NewsNewsSchools

Tennisspeler ontvang kontantprys

‘n Belowende jong tennisspeler is onlangs met ‘n kontantprys vir uitsonderlike tennisprestasie deur die VF+ beloon. Karel Jacobs (18) speel al vir die afgelope vier jaar vir die eerstespan van Hoërskool Lydenburg waarvan hy vir die afgelope drie jaar al kaptein is. Jacobs het al verskeie titels ingepalm. Hy vorm ook deel van die Laeveld …

‘n Belowende jong tennisspeler is onlangs met ‘n kontantprys vir uitsonderlike tennisprestasie deur die VF+ beloon.

Karel Jacobs (18) speel al vir die afgelope vier jaar vir die eerstespan van Hoërskool Lydenburg waarvan hy vir die afgelope drie jaar al kaptein is.

Jacobs het al verskeie titels ingepalm. Hy vorm ook deel van die Laeveld junior tennisspan vir drie agtereenvolgende jare.

Hy het ondermeer vir die Mpumalanga-Interprovinsiale juniorspan gespeel en dié span het ook sewende op die Suid-Afrikaanse junior ranglys geëindig.

Jacobs is ook onlangs vir die Laeveld seniorspan verkies en hulle het die Mpumalanga Interdistrikte kampioenskappe gewen.

Hy vorm ook deel van die dorp se eerstespan en het aan die Wilson-skole toernooi by Sun City deelgeneem. Jacobs en sy span het tydens die kampioenskappe vyfde uit 16 deelnemende skole geëindig.

Jacobs dien ook op die Lydenburg-tennisklub se bestuur. In 2012 is hy ook as Laeveld junior speler van die jaar aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button