Local newsNewsNewsSchools

Wysneusie kleuters kry presente

Kersvader bring 'n kruiwa vol presente

Wysneusie se kleuters het met groot oë na die hek gestaar, op afwagting vir Kersvader. Kersvader wat deur Leon Steyberg gespeel is het met sy lang wit baard en rooi klere deur Xander Kirsten deur die hekke gestoot op ‘n kruiwa.
Die kleuters was vreeslik opgewonde om hom te sien en wou weet wat se presente hy gebring het. Maar Juffrou Deirdre Kirsten het vinnig die kleuters bymekaar geroep. Die kleuters het toe lekker kers lietjies gesing en sy het weer vir almal die Kersverhaal gelees en waaroor kersfees en die geskenke regtig gaan . Vraagies is ook gevra net om seker te maak die kinders het mooi geluister en verstaan.
Deirdre het ook ‘n lieflike tafel gedek met kersversierings en lekkergoed pakkies. Kersvader het toe die presentjies uitgedeel en almal het kans gekry om op Kersvader se skoot te sit.
Voor die dag verby is het die kleuters, Kersvader en Juffrou Deirdre lekker spelletjies gespeel en die kinders in Kersvader se kruiwa rond gestoot.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button