Local newsMunicipalNewsNews

Afriforum tak word gestig in die dorp

Hazyview en AfriForum loop 'n pad saam in 2014

Die vergadering van Afriforum wat op Donderdag, 5 Desember by Numbi Hotel plaasgevind het, het tot gevolg gehad dat ‘n tak gedurende Januarie 2014 gestig sal word. Daar is al reeds sekere gemeenskapslede genomineer as lede van die bestuurskommitee.’n Volledige kommitee sal verkies word in die nabye toekoms.

“Ons sien uit na die stigting van ‘n AfriForum tak in Hazyview,” sê Les Hibbert, koordineerder. “Dit sal tot die voordeel wees vir die gemeenskap om die voortslepende probleme met korrupsie, plaaslike regering, SA Polisiediens en omgewingsake te addresseer.”

Persone wat belangstel om lede te word kan dit doen by www.afriforum.co.za . Lidmaatskap is ‘n donasie van R50 per maand met ‘n keuse om meer by te dra. Vir verdere inligting kontak Les Hibbert 082-388-1890.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button