Boerevereniging vat die leisels
OHRIGSTAD – Daar is ‘n gesegde wat l ui dat as jy iets reg gedoen wil hê, dan doen jy dit self. Dit geld behoorlik vir die boeregemeenskap van Ohrigstad wat die afgelope naweek self ingespring het om die Orighstad/Lydenburg-pad te herste. Die boere in die omgewing het met die hulp van besighede en sakemanne …
OHRIGSTAD – Daar is ‘n gesegde wat l
ui dat as jy iets reg gedoen wil hê, dan doen jy dit self.
Dit geld behoorlik vir die boeregemeenskap van Ohrigstad wat die afgelope naweek self ingespring het om die Orighstad/Lydenburg-pad te herste. Die boere in die omgewing het met die hulp van besighede en sakemanne Saterdag skouer aan die wiel gesit en al die slaggate op die pad herstel.
Volgens die voorsitter van die plaaslike boerevereniging, mnr. Cor Cross, het die vereniging besluit om sake in hul eie hande te neem na geen poging van die plaaslike regering aangewend is om die probleem aan te spreek nie.
“Die paaie-departement het net eenvoudig gesê dat hulle nie fondse beskikbaar het nie en dat hulle eers in April volgende jaar na die pad sal kyk.”
Hy meen dat dit ‘n geval van lewe en dood was om die pad te herstel na nege ongelukke die afgelope twee weke sewe lewens geëis het. “Ons gebruik daagliks hierdie pad en dit is ‘n te groot risiko om te ignoreer.
Meeste van die ongelukke was kop-aan-kop botsings as gevolg van bestuurders wat vir slag gate moet uitswaai,” vertel Cross.
“Die boerevereniging van die dorp het met die hulp van die Slagfontein-boere altesaam 80 arbeiders ingespan. Ongeveer 400 slaggate is op die dag herstel. Die gemiddelde diepte van die gate was 150- tot 200mm. 36 kubieke meter beton en 40 kubieke meter grond is gebruik,” volgens Cross.
Verskeie skenkings het sake makliker gemaak en trekkers, bakkies en lorries is vir die dag verskaf om produktiwiteit te verbeter. Volgens Cross was daar ook glad nie ‘n tekort aan kos en koeldrank nie soos mense van die omgewing die werkers ondersteun het.
“Pure Ys van Lydenburg het gesorg dat die kele heeltyd natgebly het deur drinkgoed te verskaf. Ander besighede in Lydenburg wat groot bydrae gelewer het is BUCO, Toyota, Volkswagen en OTS Wholesalers.” Die boere bedank ook graag vir Lydenburg konstruksie vir die beton wat hul teen kosprys voorsien het en vir Buks van der Wal en Kallie Klingbiel vir hulle merkwaardige bydrae.




