Jong swemmers is nou waterveilig
swemmers met trofees en sertifikate vergoed
Sanswem het onlangs hul hoof gala gehou en Sandra Botes het die swemmers met trofees en sertifikate vergoed. Algehele kampioen – Francelle van Staden het die trofee gekry vir algehele kampioen, Keletso Chiloane vir beste vordering, Ewan Krugel vir belowende kleuter seun en Katekanie Khoza vir belowende kleuter dogter
Blou sertifikate is oorhandig aan swemmers wat beskou kan word as waterveilig. Die groep was Jayden Clarke, Keletso Makondela, Naledi mashile, Amahle Dlakana, Shana-Lee Stuarts, Thando Nkanka, Gordon Robertson, Keletso Chiloane, Melandrie Schoeman, Engela Alberts, Ewan krugel, Keegan clarke, Nivo davel, Daniel Erasmus, ashley Shaw, Keabetswe Chiloane, Thabang Mnisi, Nondumiso Ndhlovu, Thando Khumalo, Junior Mkansi and Betsie Mnisi.
Rooi sertifikaat word gegee vir swemmers wat perfek kruipslag kan swem en geel word aan swemmers wat perfek rugslag en borsslag kan swem, gegee. Rooi en geel sertifikate was oorhanding aan Katlego Sambo , Kayla van Staden, Francelle van Staden, Metja maseko, Ntandokazi Thobete en Catherine Makutu.
Die kinders het om die dag teen mekaar geswem waar die jonger swemmers vir die toeskouers gewys het hoe waterveilig hulle is.
