NewsNewsSchools

Matrieks presteer uitmuntend.

LYDENBURG – Dinsdagoggend het matrieks van regoor die land met groot afwagting by skole saamgedrom om te verneem of hul na 12 jaar eindelik hul skoolloopbaan sou afsluit. Met ‘n slaagsyfer van 99,51 persent het Hoërskool Lydenburg se matriekgroep van 2013 ook rede gehad om fees te vier. Drie leerlinge het elk sewe onderskeidings losgeskryf, …

LYDENBURG – Dinsdagoggend het matrieks van regoor die land met groot afwagting by skole saamgedrom om te verneem of hul na 12 jaar eindelik hul skoolloopbaan sou afsluit. Met ‘n slaagsyfer van 99,51 persent het Hoërskool Lydenburg se matriekgroep van 2013 ook rede gehad om fees te vier.

Drie leerlinge het elk sewe onderskeidings losgeskryf, terwyl drie spog met vyf onderskeidings elk. ‘n Verdere vyf leerlinge het elk vier onderskeidings en ‘n totaal van 14 kandidate het drie onderskeidings verwerf terwyl 22 met twee onderskeidings weggestap.

Die 206 graad 12’s verwerf ‘n totaal van 187 A’s, 285 B’s, 396 C’s, 301 D’s en 178 E’s en verwerf ‘n gemiddeld van 62,3 persent. Volgens die hoof, mnr. Johan Loots, is daar slegs een kandidaat wat die aanvullende eksamen die geleentheid sal kry om een vak te slaag en sodoende ‘n 100 persent slaagsyfer aan Hoërskool Lydenburg te besorg

.‘n Verdere 62 persent van leerders het universiteitsvrystelling verwerf en 38 persent vir diplomas. “Die 100 persent slaagsyfer is nie noodwendig die vereiste vir ‘n goeie akademiese skool nie, maar wel die kwaliteit van voorbereiding van leerders vir akademiese en tegniese beroepsgeleenthede, en aan hierdie kriteria voldoen Hoërskool Lydenburg beslis,” sê Loots.

Dit was egter nie net die matrieks wat uitsonderlike prestasies opgelewer het nie, maar twee van LHS se onderwyseresse, me. Anel Plesers en me. Susan Prinsloo, is ook as die onderwysers met die beste akademiese gemiddeld in wiskunde geletterdheid aangewys tydens die Mpumalanga-prysuitdeling wat Dinsdag gehou is.

“ ‘n Spanpoging deur alle rolspelers betrokke by ons skool, is die akademiese suksesresep,” verklap Loots. Hoërskool Lydenburg wens ‘n baie besondere matriekgroep van 2013 wat die gemeenskap van Lydenburg baie trots gemaak het, hartlik geluk en sterkte toe vir hul toekomsdrome.

Captions

Monique Venter – 7 onderskeidings – gemiddeld 86.9%.

Yvonne Swanepoel – 7 onderskeidings – gemiddeld 86.9%.

Riaan Nieuwoudt – 7 onderskeidings – gemiddeld 83.9%

Anja Patterson – 5 onderskeidings

Bilal Essack – 5 onderskeidings

Louw Norval – 5 onderskeidings

Eugenie Swanepoel – 4 onderskeidings

Kamilla Venter – 4 onderskeidings

Maryke Nel – 4 onderskeidings

Annika Gouws – 4 onderskeidings

Annerien Oelofse – 4 onderskeidings

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button