Christiaan Luus het agt onderskeidings behaal in sy matriek eindeksamen. Hy is ook een van net ses leerlinge van Hoërskool Nelspruit wat so ‘n groot aantal onderskeidings ingepalm het. Christiaan was ook hoofseun, het vir die tweede span rugby en die derde span krieket gespeel, en was kaptein van albei spanne.
“Ek is trots op wat ek verwerf het,” sê Christiaan. “Ek is in ekstase oor my punte! Ek het hard geleer en my kant gebring. Dit was nie altyd maklik nie met al die verpligtinge wat ek gehad het nie. Matriek was vir my ‘n groot uitdaging en een wat ek vreeslik geniet het.”
Christiaan se uitslae is; Afrikaans 83%, Engels 83%, wiskunde 89%, lewensorientering 92%, rekenkunde 82%, geografie 90%, fisiese wetenskap 87% en wiskunde-waarskynlikheid, datahantering 80%. Met die uitmuntende punte bied Christiaan die geleentheid om siviele ingeneurswese te studeer by Stellenbosch universitiet.
