NewsNewsSchools

Min trane op eerste dag van grootskool

Steelburger/Lydenburg Nuus het 'n paar van die skole in die omgewing besoek en was verbaas met die min trane en groot glimlagte wat ons ingewag het.

Vir menige gr. 1’s het die dag van groot skool eindelik aangebreek. Steelburger/Lydenburg Nuus het ‘n paar van die skole in die omgewing besoek en was verbaas met die min trane en groot glimlagte wat ons ingewag het.

Sommige skole het ook op ‘n hoë noot afgesluit deur selfs ‘n ekstra vleul aan te bou om die entoesiastiese leerlinge met hul groot drome te akkommodeer. Genie’s Preschool het Woensdag sy deure vir gr. 1’s geopen en spog die jaar met 25 nuwelinge.

“Ons is tans geregistreer onder Sizo Skool en streef daarna om elke jaar uit te brei en hoë kwaliteit onderrig te bied”, sê die skoolhoof me. Jeanne Venter. Dit was egter nie net gr. 1’s wat met groot opgewondenheid die dag begroet het nie, maar vir talle gr. R’e was dit net so groot oomblik in hul lewe.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button