NewsSchools

Matrieks glimlag sommer breed oor uitslae

Op 8 Januarie was daar 'n kenmerkende opgewondenheid in die lug by Komatipoort Akademie terwyl matriekleerders in spanning vir hul uitslae gewag het.

KOMATIPOORT – Op 8 Januarie was daar ‘n kenmerkende opgewondenheid in die lug by Komatipoort Akademie terwyl matriekleerders in spanning vir hul uitslae gewag het.

Heelwat van laasjaar se leerlinge was gelukkig om reeds te begin werk, maar kon darem afkry om hul matrieksertifikate te gaan haal. William Atkinson, hoofseun van 2013, het onderskeidings in Engels, lewensoriëntering, ingenieursgrafika en ontwerp behaal. Hy gaan stads- en streekbeplanning aan die Universiteit van Potchefstroom studeer. Danielle Avery het ook onderskeidings in Engels en lewensoriëntering, sowel as gasvryheidstudies behaal. Sy wil haarself as ‘n sjef bekwaam en gaan aan Selati Hospitality and Training Acamemy studeer. Ellenè Breytenbackh het ook in drie vakke, naamlik Engels, lewensoriëntering en toerisme onderskeidings behaal. DM de Kock het dieselfde prestasie in Afrikaans, Engels en lewensoriëntering behaal. Lourinda Cawood het ‘n onderskeiding in Afrikaans en Cesiele Barnard in lewensoriëntering.

Nadia Visser gaan bemarkingsbestuur aan Unisa studeer, terwyl Mickey Eicker en Desmond Phahl vir ‘n tegnikus aan Telecoms studeer.

Leerlinge wat reeds ‘n salaris begin verdien het, was baie dankbaar dat hul so gou ‘n werksgeleentheid gekry het. Hanco van Deventer het intussen by Customs begin werk, Carey-Lee Viljoen by Ecolux Boutique Hotel, en Elzane Smit by The Butcher. Suid-Afrika het een van die hoogste jeugwerkloosheidsyfers, naamlik 40 persent.

Volgens Beeld se uitgawe van 13 Januarie is dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, laas week met vrae gekonfronteer oor of daar beurse vir uitblinkers is, of hulle op grond van meriete by instellings geakkommodeer sal word en of kwotastelsels in studierigtings soos veeartsenykunde en medies geld.

Nzimande het hierop geantwoord dat iemand van Pretoria wat ses A’s in die matriekeksamen behaal het, volgens hom swakker is as ’n kandidaat van Nkandla wat dieselfde reggekry het en en nog nooit ’n laboratorium gesien het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button