Local newsLocal sportNewsSport

SA Jagters is slaggereed om die sneller te trek

Nadat daar verlede jaar ‘n definitiewe oplewing en bywoning van aktiwiteite was, kan Lydenburg se skuts ‘n beter jaar te wagte wees, meen Johan Gribmeek, skietkoördineerder van die SA Jagters se Bosbok-tak. Lede wat almal van Burgersfort, Steelpoort, Ohrigstad en Lydenburg diens doen en hulp verleen met die lisensiëring van jagwapens, skop hierdie jaar af …

Nadat daar verlede jaar ‘n definitiewe oplewing en bywoning van aktiwiteite was, kan Lydenburg se skuts ‘n beter jaar te wagte wees, meen Johan Gribmeek, skietkoördineerder van die SA Jagters se Bosbok-tak. Lede wat almal van Burgersfort, Steelpoort, Ohrigstad en Lydenburg diens doen en hulp verleen met die lisensiëring van jagwapens, skop hierdie jaar af met die eerste sosiale skietdag wat eerskomende Saterdag by die Lydenburg-skietbaan plaasvind.

Volgens Grimbeek sal die vlakvark- en blouwildebees-tabelle met gewere geskiet word, terwyl die rooiboktabel met die boog geskiet gaan word. Inskrywingsfooi beloop R20 vir lede en nie-lede betaal R50 per inskrywing vir die geweer-afdeling. Die boogskiet-afdeling beloop R10 per lid en R20 vir nie–lede.

“Ons het ten doel om die hele gesin by ons aktiwiteite te betrek, wat onder andere bewaring, opleiding, skietdae en trofeemeeting insluit,” sê Grimbeek en voeg by dat daar ook verskeie kampe aangebied gaan word waar juniors die geleentheid gaan kry om meer te leer oor die natuur, volhoubare benutting, jag en skiet. Hy sê die feit dat Lydenburg nou weer ‘n wapenwinkel het – Hunters Boma – baie gaan help met die aankoop van wapens, ammunisie en toebehore wat tot reuse-voordeel van die buitelugentoesiaste sal wees, wat skuts, jagters en kampeerders insluit. Vir verdere navrae skakel Johan by 082-378-0698 of JB Willers by 082-820-1748.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button