Witirivier Rugby Klub se nuwe ontwikkelings
Nou ‘n geharde en mededingende teenstander
Gedurende 2013 het die Witirivier Rugby Klub ‘n herstruktueeringsproses deurgegaan waarna nuwe bestuur verkies is. ‘n Hele paar spelers moes ook vervang word as gevolg van spelers wat weggetrek of op gehou speel het. Daar is nou nuwe bloed in die span wat sal verseker dat die Witrivier se rugbyspelers weer prominent in die klubrugby arena gaan wees.
“Ons will hierdie jaar , se Bennie Pringle, voorstitter, “ beskou word as ‘n geharde en mededingende teenstander in wedstryde.”
Die klub skop die jaar af met ‘n sewes toernooi op Middelburg op die naweek van 25 Januarie waar hulle twee spanne ingeskryf het. Die klub se eerste wedstryd vind plaas op die naweek van die 22 Februarie by Malelane. Die Liga skop vroeg af met die eerste wedstryd wat op hulle tuisveld plaasvind op 15 Maart. Hulle eerste AGM vind plaas op Donderdag, 13d Februarie om 19:30.
“Ons nooi graag enige skoolverlatende seuns en ook al die manne wat wil betrokke raak by rugby om op Dinsdae en Donderdae by ons aantesluit vanaf 18:00. Ons nooi ook enige voornemende borge wat graag wil betrokke raak by dierugbyklub om met ons in verbinding te tree,” sluit Pringle af. Hy kan gekontak word by 084-505-2911.
