Laerskool Numbi sluit aan by Landsdiens
Leerlinge is gereed om ‘n verskil in die gemeenskap en omgewing te maak
Laerskool Numbi het op Vrydag, 22 November hulle afskop-piekniek op die skoolveld begin. Die laerskool beplan om by Landsdiens Suid-Afrika in 2014 – wanneer dit hulle 100ste bestaansjaar is – aan te sluit. Die tema vir die jaar sal bedreigde spesies wees en hul sal die vier liefdes van landsdiens uitleef wanneer almal elke tweede Vrydag bymekaar kom.
Die leerlinge sal hul liefde vir ons Skepper, die natuur, ons medemens en ook vir arbeid tydens hierdie geleenthede deel. Daar gaan aan projekte wees soos om bejaardes en minderbevoorregtes bietjie te bederf, daar gaan kampe gerëel word om meer te leer van die natuur en sodoende bedreigde spesies te red.
Die Landsdiens skop volgende jaar met ‘n oornagkamp op die skool se sportterein af. Die leerlinge is gereed om ‘n verskil in ons mooie gemeenskap en omgewing te maak. Daar word met amper 30 lede afgeskop en die hoop is om volgende jaar te groei.
