Twee veruftige vroue sit koppe bymekaar om hul dorp te verbeter
BURGERSFORT – “Ek probeer ‘n punt bewys na meer as een klag aan die plaaslike munsipaliteit op dowe ore geval het,” vertel Monica Swanepoel verlede Donderdag met haar pienk boor in die hand. Sy en haar vriendin Jacky Viljoen het die jaar volstroom met idees om die dorp ‘n beter plek te maak ingegaan. “Die …
BURGERSFORT – “Ek probeer ‘n punt bewys na meer as een klag aan die plaaslike munsipaliteit op dowe ore geval het,” vertel Monica Swanepoel verlede Donderdag met haar pienk boor in die hand.
Sy en haar vriendin Jacky Viljoen het die jaar volstroom met idees om die dorp ‘n beter plek te maak ingegaan. “Die mission agter die madness is om te bewys dat as mense ophou anderkant toe kyk wanneer daar probleme is en self inspring en iets kleins doen, ons saam ‘n verskil kan maak,” verduidelik Monica terwyl sy een vir een van die gaatjies in die STOP teken se raam skoon boor.
“Hierna gaan ek die teken terug opsit met kabel bande en hom skoon maak,” vertel sy.
Monica het die proses soos dit ‘n moderne dame betaam met “n pienk boor, gereedskapkis en’n leertjie aangepak.
“Dit is ‘n skande dat ‘n bekende besigheid in die dorp hul advertensie op die struktuur van die teken vasgemaak het terwyl die bord enkele meters verder lê. Mens kan mos nie dit doen nie. Adverteerders begin nou voordeel uit die dorp se agtergang trek,” vertel Monica van die pamflet wat sy van die struktuur afgehaal het.
Sy reken dat alhoewel die teken die eerste is wat sy reggemaak het dit nie die laaste sal wees nie. “Dit gaan nie hier stop nie ek sal hulle een vir een regmaak tot iemand iewers wakker skrik,” verduidelik sy.
Die is noodsaaklik ook nie die laaste wat die gemeenskap van Monica te siene sal kry nie omdat sy en Jacky ‘n paar ander idees vir toekomstige projekte ingedagte het. “Die volgende projek is die opknap van die polisie stasie se aanklag kantoor. Ons wil ook n trauma kamer inrig. Maar ons kan nie noodwendig dit als self sonder borge bemeester nie,” sê sy.
Na hulle die projek voltooi het beplan die twee vrouens om die woon buurte skoon te maak. Hulle stel ook ‘n versoek aan besighede om betrokke te raak en hulle te skakel. “Saam-saam sal ek en Jacky ‘n verskil maak en ‘n voorbeeld vir ander mense in die gemeenskap stel.”
