Local newsNewsNewsSchools

Wysneusie kleuters vier die kersgety

Kleuters in afwagting vir Vader Kersfees

Wysneusie se kleuters het met groot oë na die hek gestaar, in afwagting vir Kersvader (Leon Steyberg). Hy is met sy lang wit baard en rooi klere deur Xander Kirsten deur die hekke op ‘n kruiwa gestoot. Die kinders was vreeslik opgewonde om hom te sien en wou weet watter presente hy gebring het, maar juffrou Deirdre Kirsten het almal vinnig bymekaar geroep. Die kleuters het Kersliedere gesing en sy het weer vir almal die Kersverhaal van waaroor Kersfees en die geskenke regtig gaan, gelees.

Vrae is ook gevra net om seker te maak die kinders het mooi geluister en verstaan. Juffrou Deirdre het ook ‘n lieflike tafel met Kersversierings en lekkergoedpakkies voorberei. Kersvader het toe die presentjies uitgedeel en almal het kans gekry om op sy skoot te sit. Almal het daarna lekker spelletjies gespeel en die kinders kon vir Kersvader in die kruiwa rondstoot.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button