BHS se juniors gee die seniors ‘n atletiekles
Volledige gallery van BHS Interhuis is te sien onder die hofie 'Galleries' op hierdie webwerf.
BARBERTON – Tydens die onlangse BHS-interhuis, het die junior leerders die seniors behoorlik laat les opsê, toe die gr. 9’s met die louere weggestap het. Kort op hulle hakke was die gr. 8 Daisies. Tydens die geeskompetisie het die matrieks kop en skouers bo die res uitgestaan.
Rekords (beste prestasie deur ‘n BHS-leerder van alle tye).
• Corlia van der Merwe – Spiesgooi dogters o/14 – verbeter Inge Genis se afstand van 22,76m na 31,18m
• Sharne Landman – Spiesgooi dogters o/16 – verbeter Prenita Sanderson se afstand van 22,24m na 25,22m
• DJ Raulstone 100m hekkies seuns
o/15 – verbeter M Ndabe se tyd van 16,5sek na 16,12sek
• Darren Joseph 300m hekkies seuns o/14 – verbeter Xolile Sithole se poging van 55,79sek na 53,12 sek.
Baanrekords (beste poging op die veld/baan van alle tye)
• Marthinus Venter – gewigstoot seuns o/14 – verbeter B Lubbe van Bergvlam se afstand van 11,52m na 12,03m
• Corlia van der Merwe – spiesgooi dogters o/14 – verbeter H Mhaule van Lowveld High se afstand van 25,77m na 31,18m
• Ndwazi Lukhele – gewigstoot dogters o/16 – verbeter Nobuhle Dlamini van BHS se afstand van 8,66m na 9,15m
Die nege skole wat op Saterdag 1 Februarie aan die jaarlikse BHS Debonairs se vriendskaplike atletiekbyeenkoms deelneem, is Curro, Sybrand van Niekerk, Gateway Christian School, Komatipoort Akademie, Lowveld High, Bergvlam, Penryn, Nelspruit B en Hoërskool Rob Ferreira.
Die dag beloof om prag-atletiek op te lewer en die gemeenskap word genooi om hul skool te kom ondersteun.
Die interhoër van 22 Februarie word by Bergvlam gehou en kaartjies is teen R50 by die ontvangskantoor van die skool verkrygbaar.
“Die vooruitsigte vir die seisoen lyk baie belowend. Sterkte aan al die atlete en hul afrigters,” het die hoof, Pieter Ferreira gesê.
