Laerskool Numbi interhuisbyeenkoms
Jaarlikse atletiek lewer goeie prestasies
Laerskool Numbi het verlede Vrydag sy jaarlikse interhuisbyeenkoms in die versengende Laeveld-hitte gehou. Die leerlinge is in twee groepe verdeel, naamlik die Blou- en die Geel-span. Die atlete het aan verskeie items deelgeneem soos die hoogspring, verspring, naellope en gewigstoot.
Daar was sommige wat baie goed presteer het. In die o/13-seuns 200m was Nkosana Mping eerste met ‘n tyd van 26,75sek, Linga Makaringa tweede, Nkosi Lesedi derde en Eusten Silaule vierde.
In gewigstoot het Terry Mathebula met ‘n afstand van 8,26m gewen, met Musawethu Nkosi in die tweede plek, Stefan Labuschagne derde, Boleng Mawela, vierde en vyfde was Righardt Myburgh.
Die o/13-dogters 200m se uitblinkers was, Kerryn Shabangu eerste, Danielle Bosch tweede, Zandri du Toit derde en Hilary Mhlaba vierde.
Die o/10-dogters 80m se uitslae was: Lecrucia Ndhlovu eerste, Claudia Wallace tweede, Nthando Khazi derde en Elizma Kleinsmith vierde.
Elke leerling het sy span se atlete ondersteun met liedjies en ongelooflike gees. Aan die einde van die dag was die Bloues die wenspan.
