Plaaslike onderwyseres “hengel” in Elephants Hill
BURGERSFORT – Die plaaslike onderwyseres, Mev. ODilhea Keulder, het in die voetspore van ontstoke inwoners gevolg en nou ook haar kreatiwiteit ingespan om die aandag van die munisipaliteit te kry. Dit volg nadat ‘n waterpyp al vir meer as ‘n maand onophoudelik voor haar huis lek. Keulder het haar visstok, boek en kampstoel nader gehark …

BURGERSFORT – Die plaaslike onderwyseres, Mev. ODilhea Keulder, het in die voetspore van ontstoke inwoners gevolg en nou ook haar kreatiwiteit ingespan om die aandag van die munisipaliteit te kry. Dit volg nadat ‘n waterpyp al vir meer as ‘n maand onophoudelik voor haar huis lek. Keulder het haar visstok, boek en kampstoel nader gehark en probeer om ‘n teervis in te katrol.
“Die situasie is onaanvaarbaar en as almal begin kla sal daar dalk iets gedoen word,” vertel sy.
Rosie Morrison het hoofopsrifte in verskei koerante gehaal nadat sy met seep en al in ‘n slaggat op die berugte Bambipad “gebad” het. Nico De Beer het kort op haar hakke gevolg en selfs sy lyne in ‘n slaggat op dieselfde pad probeer nat maak.
Lees meer hieroor in volgende week se Steelburger/Lydenburg nuus uitgawe.

