NewsNewsSchool sportSchoolsSport

Robbies is vuur en vlam vir atletiekseisoen

Rekords word gebreek op Robbies se atletiekbaan

Die sesde Luneburg Janse van Vuuren-atletiekbyeenkoms het 24 Januarie op Hoërskool Rob Ferreira se velde plaasgevind. Die atlete van Robbies, Curro Nelspruit, Penryn en Uplands College, Laeveld Akademie, Hoërskool Lydenburg en Hoërskool Merensky het reeds vroeg in die dag die rekords aan die brand gehad.

Nhlalo Rkohotoso o/19 van Merensky het ‘n rekord in die hoogspring opgestel terwyl sy spanmaat, Carlize Katzke die rekordboeke in die spiesgooi vir dogters o/17 met ‘n allemintige 41,86m oorgeskryf het.

Sakhile Maseko van Rob het twee nuwe rekords in onderskeidelik die 300m- en 100m-hekkies opgestel. Die 100m vir dogters o/17 was ‘n opwindende wedren met al drie die voorlopers wat in rekordtye oor die wenstreep genael het.

Michalea Ball van Merensky was eerste in ‘n tyd van 12:38 sekondes gevolg deur Sandra-Lee Campos van Rob met 12:42sek en Mignon Black van Lydenburg in 12:69sek.

Die lekkerste item, die spoedaflos, is vir laaste gehou en het die toeskouers op hul punte van hul stoele laat sit. Lydenburg het altesaam 126 medaljes ingepalm.

As hierdie byeenkoms ‘n voorskou was van wat vir die res van die seisoen voorlê, kan atletiekliefhebbers uitsien na pragatletiek in die Laeveld.

Christopher Thompson spring weg in die 200m vir seuns 0/15

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button