Interhigh newsNewsSchools

Opwinding oor Interhoër 2014 loop hoog

Die gees loop hoog vir hierdie jaar se Interhoër wat op 22 Februarie by Hoërskool Bergvlam plaasvind.

NELSPRUIT – Die agt skole wat vanjaar aan die interhoërbyeenkoms wat Saterdag by Hoërskool Bergvlam plaasvind gaan deelneem se stembande is reeds vuurwarm en atlete se bene is tot die uiterste getoets om as wenners van die veld te stap.

Die massa-byeekomns vier vanjaar sy 65ste verjaarsdag. Die gasheerskool kan na maande se voorbereiding uiteindelik asemhaal.

interhigh1 (Small)

‘n Paar interessante feite rondom die dag:

• Daar is 80 ton bemesting op die velde aangebring

• Dries Burger van Hoërskool Rob Ferreira is sedert 1989 by die interhoër betrokke en dit is skynbaar ook sy laaste jaar

• Norman Niebuhr van Hoërskool Lydenburg se eerste interhoër was by Bergvlam 40 jaar gelede en hy sluit dit ook hier af

• Daar is 180 beamptes wat by hul verskillende stasies gaan uithelp

• Die paviljoen maak plek vir 3200 leerlinge, 3800 toeskouers en 1100 atlete

Die pawiljoen

Die pawiljoen is aan die begin van 2009 gebou en vroeg in 2010 as ‘n fanpark-projek van FIFA vir die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi voltooi. Die boukoste was ongeveer R11 miljoen rand.

Die volgende is interessante feite aangaande die dak:

• Lengte – 107m

• Dak se hoogste punt – 12m

• Dak se oorhang – 13m

• Onderdak spasie – 1 394 vierkant ‘n meter

• Daar is nog 865 vierkant ‘n meter se skadunet bygevoeg

Die pawiljoen self is

• Lengte – 170 m

• 18 trappies hoog

• Sitplek vir 8 250 mense

• Ongeveer 337 000 bakstene gebruik om die pawiljoen te bou.

Verversings

Roomys met aarbeie, mocktails, stokkiesroomyse, slush puppies, oliebolle, chipsticks, chip-en-dip, hoender -en rib hamburgers, hoender -en vleis wraps, warmbrakke en kerrie en rys, prego’s, pizza’s, pannekoeke en allerhande snoepgoedjies.

“Ons gaan gebruik maak van betroubare sekuriteitsinstansies wat die parkeerarea gaan patrolleer. Besoekers moet kennis neem dat geen voedsel of vloeibare verversings van enige aard toegelaat gaan word nie. Dit is ‘n vereiste van die sekuriteitsmaatskappy,” sê Joan van Tonder van Vlammies.

interhigh2 (Medium)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button