NELSPRUIT – Die leerders van Dasha het Saterdagaand die liefdesmaand op ‘n gepaste wyse met ‘n Valentynsdans afgesluit.
Dit sou oorspronklik by Bateleur Landgoed plaasgevind het, maar daar is nader aan die tyd besluit om dit sommer by die skool te hou. “Dit was ‘n wonderlike aand en die jongmense het pragtig gelyk, veral die seuns in hul pakke. Die dogters se hare en grimering was ook baie mooi. Almal was stokflou na dié partytjie en ons voete was seer gedans,” het die skoolhoof, me. Shirley Parsons gesê.
Die skool het ‘n hele paar skenkings ontvang om die geleentheid ekstra spesiaal te maak.
Die 31 gaste is met pizza-hartjies, lasagne en sjokolademousse bederf en elkeen het ‘n klein geskenkpakkie ontvang.
