NewsNewsSchools

Skoolkore word aangemoedig om aan die ATKV Applous se kompetisie deel te neem

Suid-Afrika se oudste skoolkoorkompetisie, ATKV Applous, nooi alle belangstellendes om deel te vorm van hierdie prestige kompetisie.

Suid-Afrika se oudste skoolkoorkompetisie, ATKV Applous, nooi alle belangstellendes om deel te vorm van hierdie prestige kompetisie.

Laer- en hoërskoolkore kan inskryf vir dié gebeurtenis wat vir die 37ste jaar aangebied word.

Laerskole kan in die meer en minder ervare junior en senior kore afdelings inskryf. Nie-Afrikaans-moedertaalsprekende skole kan in die senior en junior kore afdelings inskryf.

Die hoërskole afdeling bestaan uit Afrikaanse en nie-Afrikaanse minder ervare kore, asook ‘n meer ervare een. Beide afdelings sluit seuns-, meisies- en gemengde kore kategorieë in.

Skole en koorleiers het tot 14 Maart om in te skryf.

Navrae: www.atkvprojekte.co.za, Bessie Keun by 082-454-6060 of Johan Esterhuizen by johane@atkv.org.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button