NewsSchools

Robbies borge-funksie

Die week wanneer Rugby legendes gebore word vind by Hoërskool Rob Ferreira plaas.

WITRIVIER – Die week wanneer nuwe rugby-legendes gebore word, vind van 30 Maart tot 3 April op Hoërskool Rob Ferreira se gronde plaas.

Die Danie Rossouw-rugbyweek se organiseerders het Maandag ‘n borge-funksie gehou om die verskeie betrokkenes te bedank. “Dankie vir dit wat julle bygedra het. Altesaam 32 spanne uit drie provinsies kom dié week by ons kuier en ons kan nie die toernooi sonder julle hulp aangebied het nie,” het die hoof, Dawie Oberholzer gesê.

Dit is die tweede jaar wat dit aangebied word en is vernoem na die oud-Springbok Danie Rossouw, wat in Sabie grootgeword het. Hy was in 1996 in matriek by Robbies en speel deesdae vir die Franse klub, Toulon, rugby. “Ons wil al die borge vir hul bydrae bedank en dankie dat julle jul beursies oopgemaak het. Ons nooi rugbyliefhebbers uit om saam met ons te kuier om die week ‘n groot sukses te maak,” het die organiseerder, Albert Booyens gesê.

Die gaste is met ‘n heerlike spitbraai bederf en verhoudings is vir die komende rugby-skouspel gebou. Die volledige program is op Laevelder se webblad beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button