NewsNewsSchools

Drie atlete neem deel aan atletiekkampioenskappe

Drie atlete van Laerskool Lydenburg het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe in die Paarl deelgeneem.

LYDENBURG – Drie atlete van Laerskool Lydenburg het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe in die Paarl deelgeneem.

Op die eerste dag het Tiaan Pretorius algeheel negende in die 80m-hekkies vir seuns/13 en Zimele Sibanyoni vyfde in die 70m-hekkies vir seuns/10 geëindig.

Marius Nel het ‘n silwermedalje ryker geword vir sy vertoning in die 70m-hekkies, ook vir seuns/10. Op die tweede dag het Marius en Tiaan Mpumalanga in die hoogspring- sowel as verspringitems verteenwoordig en nie teleurgestel nie. Tiaan het ‘n 10de plek in die hoogspring verower en ook aan die 200m-hekkies deelgeneem.

Dit was egter Marius wat weer vir groot opwinding gesorg het toe hy vir ‘n tweede keer op die podium beland het – die keer met ‘n brons medalje in die verspring vir seuns/10. Laerskool Lydenburg wens hul hartlik geluk met hul besonderse prestasie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button