
Nadat hy in Polokwane tweede viool tydens die SA-skolekampioenskappe moes speel, het die Nellies se Stefan van der Bank die afgelope naweek op Stellenbosch laaste gelag toe hy met ‘n puik gooi van 66,53m as Suid-Afrika se o/15-spiesgooikampioen gekroon is. Hiermee het NHS die titel behou nadat Werner Bouwer in 2013 ook die nasionale kampioen in dieselfde item was.Stefan en sy afrigter, mnr. DP Badenhorst verdien alle lof vir die wyse waarop Stefan
voorberei het en duidelik geestelik ingestel was om dié groot toekenning huis toe te bring. In Polokwane het Stefan sy beste afstand van 67,10m aangeteken, wat dan ook die nuwe Nellie-rekord is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
