NewsSchools

Bergland bring kleur aan ander se wêreld

Leerlinge van Laerskool Bergland het hul kreatiwiteit ingespan om met 'n inkleurkompetisie behoeftige gesinne te help.

Om Gesinsdag op 21 April te vier, het Laerskool Bergland ‘n kunskompetisie vir leerlinge geloods. Hulle kon op ‘n A4- of A3-papier met enige medium ‘n gesin uitbeeld.

Donderdagoggend is die agt wenners, een per graad, aangewys. Hulle het wonderlike pryse ontvang. Elkeen het ‘n fotosessie vir hul gesin, ‘n Spur-geskenkbewys en ‘n geskenkpakkie gewen. Die wenners se kunswerke gaan in die skool se mediasentrum uitgestal word.

Bergland bedank hul borge, naamlik Bella Donna, Mountain Spring Spur, Curves, Kids Emporium, Little Wood, My School, Bundu Lodge, Love Decor, The Puzzle en Fish & Chips Co.

Die inskrywingsgelde is vir die Barmhartigheidsfonds ingesamel, wat gedurende die skoolvakansies kos en toiletware aan behoeftige gesinne voorsien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button