CrimeNewsNews

Diewe amper op heterdaad betrap

Die slagoffers vermoed dat die boosdoeners klaar in die erf was toe die inwoners by die huis kom.

NELSPRUIT – Diewe is amper verlede naweek op heterdaad maar het tog daarin geslaag om met hul buit weg te kom.

Me. Melandri Visser en haar vriendin, me. Mar-Louise van Tonder, vermoed hul bromponies is vroeg die oggend van Sondag 27 April gesteel. Hulle woon in Britzstraat.

“Ek kry die horries om te dink die diewe was al klaar in die erf toe ons by die huis gekom het,” het Visser vertel. “Ons het die Saterdagaand uitgegaan en van my vriendinne het voor ons huis toe gekom. Hulle was seker so om middernag by die huis.

“Ek en my ander vriendin het om en by 01:15 by die huis gekom. Die hek se slot was oop, maar ek het gedink my vriendinne het dit vir ons oop gelos. Albei die fietse was nog daar en ek het die hek gesluit.

“Die volgende oggend was die bromponies weg en die hek se slot was afgebreek. Eers toe vind ek uit dat my vriende wél die hek gesluit het voor ons by die huis gekom het. Die diewe moes dit seker oopgebreek het en was seker al klaar in die erf toe ons daar aankom.”

Hulle het die polisie ontbied, maar Visser sê hulle het verduidelik dat die vingerafdrukke wat op die toneel gelos is nie bruikbaar sou wees nie omdat dit net gedeeltelike afdrukke was.

Sy het vertel hulle het ook saam met Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit na die spruit daarnaby gery om te sien of die bromponies nie moontlik daar versteek is nie, maar daar was niks. Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button