ElectionsNewsNewsPolitical Parties 2014

Dink mooi voor jy op stemdag jou kruisie trek

Mpumalanga raadslid van die VF+, mnr. Frik Rousseau het hierdie week inwoners herhinner om hulle kruisie te trek tydens die eerskomende nasionale verkiesing.

LYDENBURG – Mpumalanga raadslid van die VF+, mnr. Frik Rousseau het hierdie week inwoners herhinner om hulle kruisie te trek tydens die eerskomende nasionale verkiesing.

“Alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners binnelands en buitelands wat die moeite gedoen het om te registreer, kan op 7 Mei gaan stem. Stemlokale is oop vanaf 07:00 tot 21:00.

Om te kan stem moet jy 18 jaar of ouer wees, jy moet jou groen Suid-Afrikaanse ID, nuwe ID-kaart of tydelike identifikasie-sertifikaat saambring.”

Rousseau sê dat bestuurslisensies nie geldig is nie. “Jy kan by die naaste lokaal waar jy woonagtig is stem.”

Hy verduidelik dat daar op 7 Mei twee stembriewe uitgedeel gaan word. “Een stembrief is vir die provinsie waarin jy woon en die ander is vir die nasionale regering. As jy byvoorbeeld in Mpumalanga woon en op 7 Mei in Durban is, kan jy net stem vir die nasionale regering uitbring.

Jy kan dus nie jou tweede een provinsiaal uitbring nie. Jy hoef nie meer soos in die verlede in rye te staan om te stem nie, want stemlokale is landswyd vermeerder.”

Hy meen dat die politieke arena wreed is en geen genade word betoon nie. “Ek is reeds 25 jaar in die politiek betrokke en bedank my vrou Andri vir haar ondersteuning. Naamlose oproepe en dreigemente aan haar kan nie maklik wees nie.”

Rousseau verwys na verskeie koerant-artikels, veral ten opsigte van die eerskomende verkiesing en dié se opposisie partye.

“In Beeld van 7 November noem dit dat die DA so goed soos ‘n tweede ANC is. In dieselfde koerant van 9 November noem dit ook dat die DA met ‘n gesplete tong praat, en in die Rapport van 10 November word daar melding gemaak dat dit sy kiesers vir ‘n ride vat.”

Hy se ook met die verkiesing op hande moet mense mooi oorweeg waar hulle hul kruisie gaan trek. “Ek verwys na Pieter Voster, uitgetrede voorsitter van die Afrikanerbond (AB) wat een van die invloedrykste en magtigste organisasies in Suid-Afrika is. Ek weet dit want ek was in 1999 leier van die AB in Lydenburg en ons het baie plaaslik, provinsiaal en nasionaal bereik van wat ons doelwit was.

Mense kan gerus die boek Die Afrikaner Broederbond geskryf deur ds. Nico Smith lees. Ek wil ook graag my dank uitspreek teenoor Lourie Bosman, Niekie van der Berg en Theo Coetzee (voormalige DA LP’s) en hulle ondersteuners wat oorgeloop het na die VF+. So ook aan voormalige DA ondersteuners in Mpumalanga wat my gekontak het om te noem dat hul op 7 Mei vir die VF+ gaan stem.

Ek is deur die party genader om my as provinsiale en nasionale kandidaat beskikbaar te stel. Ek spreek ook my dank uit aan soveel van my swart vriende wat ter wille van my as vriend-VF+ gaan stem. Ek is 24 uur per dag beskikbaar. Vir meer inligting rondom die gebeure van 7 Mei is inwoners meer as welkom om my te skakel op 073-913-7534.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button