
BURGERSFORT – DA Cllr Roelof Lourens het vroeg vanoggend sy kruisie by Mogale Wa Bagale getrek.
“Dit is geen geheim vir wie ek gestem het nie,” lag hy.
Lourens sê hy is baie positief vandag en glo dat die DA goed sal doen in die verkiesing. “ANC het baie stemme verloor. Die ANC dink dat hulle onaantasbaar is maar maar dit is nie die geval met die verkiesing nie.”
Hy vertel dat twee helikopters gisteraand oor Soweto met DA baniere gevlieg het en dat die skare daaroor gejuig het.
“Jan Smuts het in 1948 oorsee gegaan tydens die verkiesing omdat hy op sy gemak was. Dit is toe dat hy die verkiesing verloor het,” vertel Lourens.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!