BADFONTEIN – Sommige kiesers het nie net vandag een van die belangrikste kruisies in hul lewe getrek nie, maar ook hul entrepreneuriese vaardige ten toon gestel by stemlokale.
Mnr Johan Hatting en sy handlanger, Mr Hendrik ‘Pinky’ Khumalo, het kiesers trakteer met lemoene en naartjies om die ergste dors te les as die rye te lank word.
Hatting verkoop gewoonlik sy produkte op die Dullstroompad, maar sê dat hy vanoggend ‘noodgedwonge’ van staanplek moes verander weens die feit dat hy by Klipskruit skool registreer was om te stem.
“Ek het nie eintlik beplan om hier te verkoop nie, maar toe ek 07:30 hier stop om te stem, en sien die kiesers stel belang in die produkte, het ek besluit om net hier te bly”.
Hatting sê egter hy wens hy het vroeër daaraan gedink dan sou hy meer lemoene en naartjies saamgebring het vir die kiesers. Volgens hom verloop die dag vlot en is kiesers nie oproerig nie.
“Almal is rustig hier en dinge gaan verbasend goed”.

