ElectionsNewsNewsPolitical Parties 2014
Kiesers aangemoedig om met verstand te stem, en nie met hart
"Baie mense stem met 'n swart hart, en nie met hul kop nie"
BADFONTEIN – Mr Jacob Koto, lid van die OVK, het kiesers aangemoedig om nie met hul hart te stem nie, maar met hul kop tydens dié jaar se Nasionale en Provinsiale verkiesing. “Baie mense stem met ‘n swart hart, en nie met hul kop nie”, het hy gesê terwyl kiesers gereed gemaak het om die stemlokaal binne te stap en hul kruisie te trek. Hy het dit egter duidelik gemaak dat hy nie kiesers wil oorreed om vir ‘n sekere party te stem nie, maar hul bloot wil inlig om nugter oor die saak te dink. “Dit help nie mense klou vas aan die verlede nie. Hulle moet kyk na wat nóú is en besluit watter party bevredig die behoeftes wat hul tans beleef”.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

