NewsNewsSchools

Wetenskap is groot pret

Tydens Die Witjassies se klasse leer kinders dat wetenskap groot pret is deur interessante demonstrasies en eksperimente.

Om aan ‘n skaaplong te vat is iets wat die meeste mense seker eerder sal vermy, maar vir die kinders van Stropieland in Steiltes was dit ‘n groot avontuur.

Hierdie effens grillerige praktiese demonstrasie was deel van Die Witjassies se weeklikse wetenskaples en selfs kinders wat nie vir die klasse ingeskryf is nie het die geleentheid gehad om die longe van nader te bekyk.

Die Witjassies bied wetenskapklasse vir kinders tussen 3 en 9 jaar, wat beginsels vanuit ‘n verskeidenheid wetenkapsdissiplines soos chemie, fisika, geologie, meteorology en biologie by die kinders tuisbring. Die materiaal word aangepas om verstaanbaar vir elke ouderdomsgroep te wees.

Mee. Natasja Botha en Jennifer Buitendag bied sedert Februarie verlede jaar in Nelspruit en Witrivier die klasse aan. Daar is deesde 260 kinders wat in die omgewing die klasse neem en dit vreeslik geniet.

Natasja vertel dat elke les met ‘n storie oor die muise, Mollie en Marius, begin wat dan verband hou met ‘n wetenskaplike beginsel. Daarna verduidelik Natasja die beginsel deur middel van modelle of prente. Die kinders het die kans om deur middel van ‘n praktiese eksperiment of demonstrasie te sien hoe die beginsel toegepas word.

In hierdie geval het die kinders geleer oor longkapasiteit en kon hulle sien hoe skaaplonge met lug vul. Elkeen het daarna ‘n handskoen aangetrek en aan die orgaan gaan voel. Party was effens huiwerig, maar het tog aan die long gaan vat, terwyl ander botweg geweier het en eerder op ‘n afstand die petalje bekyk het. Die kinders het egter die spulletjie vreeslik geniet en kort-kort opmerkings gemaak oor die grillerigheid daarvan.

Die regte apparate soos proefbuise en pipette word gebruik om die kinders vertroud te maak met die hantering daarvan en sodat hul weet wat elkeen genoem en waarvoor elkeen gebruik word.

Om die kinders te herinner aan die dag se les, kry elkeen ‘n prentjie of aandenking, asook klasnotas sodat hul ouers weet wat daardie dag behandel is.

Om meer van hierdie interessante klasse te leer, skakel Natasja Botha by 084-619-8387 of besoek www.witjassies.co.za.

Kyk na ‘n gallery foto’s van die groepie Witjassies van Stropieland se reaksies en les hier: https://nelspruitpost.co.za/164492/witjassies-leer-meer-van-longe/.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button