EntertainmentLifestyleLocal newsNewsNewsSchools

Maljan maak nie net veilige musiek nie

Drie kunstenaars het by die jaar se Laerskool Burgersfort Winterfees die skare vermaak.

BURGERSFORT – Eugene Vos, meer bekend as Marulaboom, het vanjaar die gemeenskap se litte behoorlik losgemaak toe hy by Laerskool Burgersfort se Winterfees opgetree het.

Die onaardigste pryse is weg gegee aan onder andere die mense wat die beste aan sy been gevat het.

Dit gaan mos nie altyd oor die prys nie maar die idee en Eugene het vanjaar besluit dat dit ‘n goeie idee is om mense gesonder te laat eet deur groente weg te gee.

Nee, hy begin nie sy eie groente mark nie. Maar dit was snaaks om te sien dat ‘n wenner trots kan wees op sy wortels en sy koolkop.

Eugene was oorspronklik deel van die musiekgroep DJ Ossewa voor hy besluit het dat dit beter sal wees om op sy eie voort te gaan. Hy het sy liefde vir musiek ontdek na hy drie jaar in ‘n opname-ateljee in Engeland gewerk het. Hy het ook drama aan die Tegnikon van Pretoria geswot.

Marulaboom se albums is vol eksperimentasie en sy malste idees omdat hy nuwe dinge doen in Afrikaanse musiek en nie dit wat veilig, verwag word of gewild is nie. “Baie mense sal dink dis verseker mallegeid, maar daar sal ander wees wat sal dink dit is awesome! Die sleutel is om mallerige musiek te maak wat meeste mense van sal hou,” sê Eugene.

Marulaboom se treffer liedjie “Doen die sexy hoender” is n effens komiese samestelling van drie bekende Afrikaanse liedjies aangebied met ‘n mengsel van tradisionele boereklanke soos konsertina en banjo en kommersiele dansvloer elemente. Amper 250 000 “views” op YouTube wys dat hierdie liedjie verseker al op menigte partytjie gespeel het!

Sy tweede dansbaantreffer “Liefling jy is legend” het oorspronklike versies maar die koor van die bekende gunsteling “Liefling”. Marulaboom wys sy romantiese kant met die liedjie “Prinses” en sy diep kant met die snit, “As jy naby my asemhaal”.

Vanjaar het hy twee mans van die omgewing na die verhoog opgeroep wat soos hy moes dans. Die een wat hom die “beste” kon namaak het ‘n koolkop gewen.

Click hier om meer oor Arno Jordaan te lees.

Click hier om meer oor Dewald Steyn te lees.

Click hier om die video te kyk.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button