Proses om waterkwessie op te los verloop goed, sê munisipaliteit
Die watersituasie in die dorp besig om stadig maar seker te verbeter.
Die watersituasie in die dorp besig om stadig maar seker te verbeter. Of dit nou langtermyn gaan wees is nog nie seker nie, maar inwoners is dankbaar dat hulle wel water het.
Die probleem in die dorp het drie weke geduur. Inwoners was teen week twee keelvol en gastehuise het noodgedwonge watertenks aangekoop om nie nog kliënte te verloor nie. Telestai is ‘n baie bekende gastehuis en baie toeriste doen daar aan. ‘n Italiaanse geselskap het hulle tasse gepak en vertrek toe hulle nie kon stort nie.
“Ons het ‘n groot verlies gely die afgelope tyd,” het die bestuurder, me. Betsie Ioannou vertel. Hulle het op die ou einde 20 000-liter watertenks aangekoop.
Volgens me. Trudie Grove-Morgan, DA-raadslid in die area, sal daar weer hierdie week vir drie dae wateronderbrekings wees. “Die proses sal einde 26 Junie klaar maak,” het Grove-Morgan vertel. Sy raai ook inwoners aan om water spaarsamig te gebruik. Die oorspronkilike reëling was dat hulle net die waterkanale sou skoonmaak, maar dat die reservoirs volgehou sou word. Tot dusver het die munisipaliteit gesukkel om dit te doen.
Volgens me. Maxine van Zyl, ‘n inwoner van Parkville, affekteer die situasie haar nie meer nie omdat sy ‘n watertenk aangekoop het. “As dit nie vir die tenk was nie, weet ek nie wat ek sou gedoen het nie omdat ek ook ‘n gastehuis bedryf,” het Van Zyl vertel.
Volgens
me. Pinkie Hermanus, senior bestuurder van water en sanitasie by die munisipaliteit, verloop die proses goed en is sy nie bewus van enige waterprobleme nie, behalwe ‘n rioolpyp wat twee weke gelede gebars het.
