Local newsMunicipalNewsNews

AfriForum nader premier om hulp

AfriForum het in 2013 'n hofinterdik teen Eskom gekry om te verhoed dat dié dorpe se elektrisiteit afgesny word omdat die munisipaliteit nie hul rekeninge vereffen het nie

LYDENBURG – Met die huidige elektrisiteitskrisis wat die dorp tans ervaar, het die burgerregte-organisasie AfriForum die premier van Mpumalanga, mnr. David Mabuza, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, mnr. Pravin Gordhan en die direkteur-generaal van nasionale tesourie, mnr. Jan Hattingh versoek om die Thaba Chweu Munisipaliteit, wat onder meer Lydenburg, Graskop en Sabie bedien, onder spesiale administrasie te plaas.

“Indien ons versoek geweier word, sal dit dui daarop dat politieke doelwitte nagestreef word, en dat die gemeenskappe se belange nie prioriteit geniet nie,” het mnr. Ruan Lottering, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Mpumalanga gesê.

Volgens inligting in AfriForum se besit word verskeie diensverskaffers nie betaal nie, en dreig derhalwe dat hulle hul dienste aan dié munisipale area sal staak.

AfriForum het in 2013 ‘n hofinterdik teen Eskom gekry om te verhoed dat dié dorpe se elektrisiteit afgesny word omdat die munisipaliteit nie hul rekeninge vereffen het nie. Dit bly egter onaanvaarbaar dat die munisipaliteit dienslewering in gevaar stel deur nie hulle plig teenoor inwoners na te kom nie.

“Daar sal agter die kap van die byl gekom moet word om vas te stel wat die oorsaak van dié pragtige gebied se probleme is. Indien dit toegeskryf kan word aan bedrog, korrupsie en/of onbekwame amptenare, moet dit uitgewys en aangespreek word,” het Lottering gesê. “Indien die instellings die versoek van die hand wys, sal AfriForum voortgaan om met sy regspan te konsulteer oor die moontlikheid van verdere stappe.”

Om lid van AfriForum te word kan jou dorp se naam na 45350 sms teen R1/ per sms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button