Local newsNewsNewsSchool sportSchoolsSport

Jong spelers leer die fyndere kunsies

Jazques Brits, Jaco Erasmus, Henco Erasmus, Schalk Grobler, Morne Combrink, Jeandre Combrink, Aalwyn Loots en Frikkie Fensham gaan tydens die Junie akansie ‘n spesiale gholfkliniek bywoon by die World of Gholf in Johannesburg, wat deur professionele gholfspelers aangebied word.

Agt belowende gholfspelers van Lydenburg se tasse is gepak en gholfstokke blink gepoets om binnekort die fynere kunsies in dié sport te gaan bemeester.

Jazques Brits, Jaco Erasmus, Henco Erasmus, Schalk Grobler, Morne Combrink, Jeandre Combrink, Aalwyn Loots en Frikkie Fensham gaan tydens die Junie akansie ‘n spesiale gholfkliniek bywoon by die World of Gholf in Johannesburg, wat deur professionele gholfspelers aangebied word.

Hierdie spelers wat reeds verskeie uitsonderlike prestasies op die gholfbaan gelewer het, het onlangs met hulp van hul ouers en Hoërskool Lydenburg ‘n suksesvolle gholfdag aangebied om fondse vir die eersdaagse kliniek te genereer.

Jacques Brits is ook verkies om aan die 2014 Nomads SA seuns o/17 vanaf 30 Junie tot 3 Julie in Polokwane deel te neem. Hy sal verder ook aan die Hextangular o/17 interprovinsiale toernooi in Orkey deelneem , dié keer saam met spanmaat Henco Erasmus.

Dit is egter nie net gholfspelers van die hoërskool wat uitblink nie, maar die 12-jarige Corné Combrink het ook reeds stempel afgedruk. Combrink het op 15 Junie in Mbombela in die Mpumalanga o/13 Quadspan deelgeneemterwyl Tiaan Brits (13), op sy beurt in die o/15 Quadspan deelgeneem het en ook vir die Hextangular saam met Brits en Erasmus verkies is. Die jong sterre bedank graag hul ouers vir hul volgehoue betrokkenheid om hul drome te verwesenlik asook elkeen wat van die gholfdag ‘n sukses gemaak het.

Uitslae

Wenners van die dag: Hein & Sophia Strogh

Tweede Plek: Christiaan Joubert & Allen Pruis

Naaste aan die Pen: Mohammed Cassim

 

Die volgende borge word graag bedank

AGTI

Bistro Restaurant

De Juffrauns (Die Bus)

Die koffiehuis

Eastern Chrome Mines (Samancor)

Frans Labuschagne

Gawie Marè Paneelkloppers

Hanas Mica

Herman Adendorf

Ho?rskool Lydenburg

Jaco Coetzer

Johan Combrink

Pieter Combrink

Kallie Erasmus

Leon Smith

Longtom Cycle & Sport

Lorenza Horn

Mechanical Mining Supplies

MIRCC (Kruger van Eck)

Mohammed Cassim

Monzoon Gift Shop

Kutting Mpumalanga (Douglas Long)

Northlite

Pierre Lombard

Pieter & Susan Loots

Precrete

Pro-Drilling

Sandvik

Silver Oaks Labour Recruitment & Placement

Social Labour Project Management

TRP

Volkswagen Highlands

Zizwe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button