Hard newsNewsNewsWar against poaching

Wildtuin-renosterstropers moet 16 jaar tronk toe

Jazeya Bila (29) en Sivadore Nkuna (33) is onder meer 10 jaar tronkstraf opgelê vir die jag van die renoster asook vier jaar vir die onwettige betreding van die wildtuin

MBOMBELA – Twee Mosambiekers wat op 27 April verlede jaar ‘n renoster in die Tshokwane-gedeelte van die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) doodgeskiet en onthoring het, is vroeër vandag tot 16 jaar tronkstraf gevonnis.

Jazeya Bila (29) en Sivadore Nkuna (33) is onder meer 10 jaar tronkstraf opgelê vir die jag van die renoster asook vier jaar vir die onwettige betreding van die wildtuin.  Hierdie twee vonnisse word egter samelopend uitgedien.

Hulle moet ook ses jaar agter tralies deurbring vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

Die landdros, mnr. André Geldenhuys, het harde woorde vir dié misdadigers tydens vonnisoplegging gehad. Lees meer in Vrydag se uitgawe se Laevelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button