Borg nie toegestaan aan vermeende stropers
Volgens inligting wou die mans aansoek doen vir borgtog, maar kon dit nie realiseer nie omrede hulle addresse nie bevestig kon word nie.

LYDENBURG – Die vyf vermeende renosterstropers wat verlede week op ‘n plaas in die Lydenburg omgewing vasgetrek is, nadat hulle vermoedelik op die punt was om toe te slaan, het Dinsdag vlugtig in die hof verskyn. Volgens inligting wou die mans aansoek doen vir borgtog, maar kon dit nie realiseer nie omdat hulle addresse nie bevestig kon word nie.
Daar is vroeër beweer dat drie van die mans van Mosambiek afkomstig is, maar dit kon egter nog nie bevestig word nie. Twee van die mans is op 5 Julie in ‘n renosterkamp op een van die wildsplase in die omgewing met ‘n byl, saag, rondes ammunisasie sowel as ‘n .458-jaggeweer met knaldemper in hul besit aangetref.
Lees meer in Vrydag se uitgawe
