CrimeHard newsNewsNewsWar against poaching

Vermeende renosterstroper doodgeskiet; nog een aangekeer

Die groepe het op mekaar begin skiet en een van die verdagtes is getref

SKUKUZA – Veldwagters van die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) het hierdie naweek weer hul hande vol gehad om vermeende renosterstropers in hul spore te stuit.

Een is in ‘n skermutseling doodgeskiet en ‘n tweede is in ‘n afsonderlike voorval gearresteer.

Die eerste voorval het Vrydag in die Onder Sabie-omgewing plaasgevind. Veldwagters het op drie vermeende stropers afgekom en ‘n skietgeveg het tussen die twee groepe uitgebreek. Een van die verdagtes is gewond en gearresteer. Sy twee makkers kon daarin slaag om na Mosambiek te ontvlug. ‘n Jaggeweer, ammunisie en stropingsgereedskap is op die toneel gevind.

In die Shangoni-gedeelte het veldwagters weer op drie vermeende stropers afgekom. Die groepe het op mekaar begin skiet en een van die verdagtes is getref. Hy is op die toneel dood. ‘n Jaggeweer, ammunisie en stropingsgereedskap is ook hier gevind. Sy twee medepligtiges kon daarin slaag om te ontsnap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button