
Chanel Cronje en Nina Terblanche is tans in gr. 7 in Laerskool Nelspruit en verskyn blitsvinnig in die eerste sewe sekondes van dié video. Dit was tydens die Springbokke se eerste toets teen Skotland in 2013 op Mbombela geneem. Chanel en Nina was besig om ‘n ‘selfie’ te neem.
Die dogters is sedert gr. 5 beste maats en het baie seker gemaak dat Laevelder móét weet dat hulle die popgroep, One Direction se beste fêns is. “Ons het heeltyd die kameraman geroep om ons af te neem, maar hy wou niks weet nie. Van ons maats by die skool het vir ons gesê ons is op televisie. Ons kon dit nie glo nie!”
‘n Foto van hulle is wel in Laevelder geplaas, maar hulle het nie besef dat die kameraman hulle tog op die einde afgeneem het nie. “Ek lyk so vertraag op die video,” giggel Chanel.
Wanneer hulle wéér ‘n rugbywedstryd gaan bywoon, sal hulle nie sonder hulle goudgeel pruike opdaag nie.

