Local newsNewsNewsSport

Plaaslike speler deel in Statebond-sege

“Ons is ongelooflik trots op Kwagga, maar so ook op die hele span. Hulle het hard gewerk hiervoor en dit uit en uit verdien.”

LYDENBURG – “Geluk ou grote”, lui een van die talle boodskappe op die plaaslike held, Kwagga Smith, se Facebook-blad wat onlangs van die Statebondspele teruggekeer het – dit met ‘n goue medalje in die sak.

FOT4A6C

‘n Vierige Blitsbokspan het Sondag vir ‘n naelbytvertoning gesorg en nie net Suid-Afrikaners nie, maar ook Lydenburgers op die punte van hul stoele gehad toe geskiedenis herskryf is en die Blitsbokspan, waarvan Smith deel is, daarin geslaag het om dié naelbyter met ‘n 17-12 oorwinning oor die Kiwi’s te beklink.

4

Die Nieu-Seelanders het voor Sondagaand nog nooit ‘n wedstryd by dié spele verloor nie. “Ons senuwees was klaar,” vertel Smith se ma, Marie, in wie se stem jy die opgewondenheid byna kan aanvoel. “Ons is ongelooflik trots op Kwagga, maar so ook op die hele span. Hulle het hard gewerk hiervoor en dit uit en uit verdien.”

FOT8582

Alhoewel die kaptein van die span, Kyle Brown, reeds vroeg die veld weens ‘n besering verlaat het, het die Blitsbokke nie momentum verloor nie en dit was duidelik dat elke speler sy lyf op die spel vir dié goue medalje geplaas het – so ook Smith wat met ‘n gebreekte ribbetjie gespeel het. “Kwagga het eers na die tyd uitgevind dat een van sy ribbetjies teen sy rugstring af is, maar ek dink op daardie stadium kon niks hom keer om met oorgawe te speel nie,” vertel sy trots.

FOT61D

Die IRB Sewesreeks maak in 2016 sy debuut by die Olimpiese Spele in Rio en volgens die Blitsbokke se afrigter, Neil Powell, sowel as Smith se ma, was dié oorwinnig waarskynlik net die regte medisyne vir dié talentvolle spelers se toekomsdrome.

FOTD104

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button