NewsNewsSchools

Leerder kry presidentsverkenningtoekenning

Willem Botha het tydens die skoolvakansie die hoogste toekenning in die Voortrekkers gekry.

Die Voortrekkerbeweging se onderbou bly Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap. So verduidelik Willem Botha, ‘n gr. 12-leerling aan Hoërskool Bergvlam.

“Dit is meer ‘n waardes-ding. Dit gaan daaroor om goeie waardes uit te leef.”

Willem het onlangs ‘n presidentsverkennertoekenning verwerf, die hoogste toekenning wat ‘n skolier in die Voortrekkers kan kry. Hy sê dat hoewel jare se diens tel, jy maklik eers in gr. 8 kan begin. Self, is hy al sedert gr. 2 deel daarvan.

Hy was onlangs een van slegs drie Mbombela-inwoners wat die jaarlikse presidentsverkenning-toetskamp by Wemmershoek naby Franschhoek in die Wes-Kaap bygewoon het.

Hy klink half verbaas dat die kamp nie buitesporig streng was nie. Daar is die kinders word getoets op hul kennis van sekere goed en beoordeel op hul gedrag in verskillende situasies. Willem het meer as 70 persent gekry en daarmee saam die presidentsverkenning-toekenning.

“Dit was baie koud en reënerig. Toe besluit ons dít was die rede vir die Groot Trek,” skerts hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button