
Hierdie is ‘n groot aanwins vir die skool aangesien elke afdeling beplan is om soveel moontlik van daardie ouderdomsgroep se grootmotoriese ontwikkeling aan te vul. Die swaaie is vir pret en daar is geen kans vir uitval nie; dit is ‘n goeie harnas-tipe vasmaakmiddel wat deel vorm van die swaai.
Verlede week het ‘n tandarts, ‘n suster en Bossies Justice die skool besoek. Dit het hand aan hand met hulle tema vir die week – Mense wat ons help – geloop. Die kindertjies het die geleentheid gehad om dit wat elkeen moet weet om ons te help wanneer ons siek is, onveilig voel of tandarts toe moet gaan te sien.
‘n Paar brawes was self bereid om in die tandartsstoel te sit. Dit was interaktiewe sessies en die kinders het dit vreeslik geniet. Die hoop is dat dit ‘n bietjie van die “onbekende” bekend gemaak het en ‘n besoek aan hierdie professies sal vergemaklik.
Die pantoffeldag was ‘n groot sukses. Die kinders was in hulle skik met mekaar se pantoffels en was ook beried om te deel. Dankie ouers vir julle bydrae.
Die konsert vind op 30 Oktober plaas. Die oefening van ons liedjies begin in alle erns volgende week. Moet dus nie verbaas wees as u kleinding snaakse woorde uiter en allerhande mal bewegings begin maak nie.
Twee nuwe personeellede – Irmè Greyling, is ‘n juffrou in die 2-3jr-groep en Megan van Staden, ‘n assisstent vir die 3-4 jr-groepe. Ek weet hulle sal sommer gou tuis voel en ‘n bate vir Curro en u kinders wees.
Ouervergadering
‘n Opvolgvergadering vir Curro Kids Ouers vind op 27 Augustus om 18:00 in die saal plaas.
