NewsSchools

Om ‘n ark te bou is groot pret

Leerlinge van Laeveld Akademie het meer geleer van Noag en sy ark en besluit om self die taak aan te pak om elk 'n ark te bou.

Die verhaal van Noag en sy ark was so interessant dat leerlinge van Laeveld Akademie hul onderwyseres gevra het of hulle arke kan bou as ‘n skooltaak. Me. Maritza Botha, wat godsdiensonderrig by die skool aanbied, het ingestem en vir die gr. 4- to 7-leerlinge kans gegee om op hul eie of in groepe ‘n ark te bou.

Die leerlinge kon enige tipe materiaal gebruik, maar moes soveel detail as moontlik insit en byskrifte sou ekstra punte tel.

Die arke is Vrydag skool toe gebring en uitgestal, waarna Botha en ‘n paar gr 12’s dit beoordeel het. Arke van hout, karton, melkbottels, piesangblare en selfs koek is met plastiekhasies, papierfiguurtjies, lego-mannetjies en groen weermagmannetjies versier. Een leerling het stroop, meel, modder en veldgras gemeng en op sy ark geplak om dit meer outentiek te laat lyk. Botha vertel dat dit vreeslik moeilik was om die wenners in verskeie kategorieë te kies omdat die kinders met sulke unieke en kreatiewe skeppings vorendag gekom het.

Almal was vreeslik trots op hulle arke en die hoof het ook kom inloer om die leerlinge met hul oulike vaartuie geluk te wens.

Sien nog foto’s van die arke hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button