NewsNewsSchools

Helpende hande nodig vir nuwe tak

Gemeenskapslede word gevra om betrokke te raak by die stigting van 'n Nelspruit-tak van Helpende Hande wat op die behoeftes van Huis Betlehem sal fokus.

Met ‘n bietjie hulp van gemeenskapslede word daar binnekort ‘n tak van Solidariteit Helpende Hande gestig, wat spesifiek op die behoeftes van Huis Bethlehem gaan fokus. Drie verteenwoordigers van Helpende Hande het verlede week by die NG Kerk Witrivier ‘n groep belangstellendes ingelig oor die organisasie en hoe ‘n tak gestig kan word.

Helpende Hande, nes Maroela Media, AfriForum en die Federasie van Afrikaanse Kulutuurvereniginge, is organisasies wat onder die Solidariteit-vaandel val. Dié is in 1949 gestig om Afrikaner-armoede te verlig, te voorkom en te verbreek. Lede werk met mense van alle ouderdomme, maar gee veral aandag aan babas en bejaardes.

Daar is tans ongeveer 140 takke landswyd, met 10 streeksorganiseerders om toesig te hou, wat hoofsaaklik op opheffing en opleiding fokus. Elke tak trek voordeel uit nasionale projekte soos Bemagtig ‘n Kind, waar hulle op korttermyn gehelp word met klein behoeftes soos om vir ekstra wiskunde-klasse te betaal, op ‘n hokkietoer te gaan of dringend ‘n oog- of tandarts te besoek, en die Skooltassieprojek, waar behoeftige gr. 1’s van ‘n tassie met skryfbehoeftes voorsien word. Dit werk saam met ander welsynsorganisasies soos die Christelik-Maatskaplikeraad om soveel behoeftiges as moontlik te help.

Ander oulike projekte is Toontoffel, waar daar wol en patrone vir slaapsokkies aan ouetehuise uitgedeel word. Jongmense word genooi om te kom leer brei en leer dan die oumas hoe om te WhatsApp en te SMS.H

Die groepie in Witrivier, wat huisouers en komiteelede van Huis Bethlehem ingesluit het, wil graag ‘n nuwe tak in Mbombela stig wat fokus op projekte waarby die twee huise sal kan baat vind. Daar is egter ‘n minimum van vyf komiteelede nodig om die tak te stig en die groepie het besluit om ‘n paar lede te gaan werf.

Om meer oor die nuwe tak te hoor of om betrokke te raak, woon die volgende vergadering by wat op 18 September om 18:00 in Mbombela gaan wees. Skakel gerus Alisha de Lange, Mpumalanga se streeksorganiseerder, op 082-923-1438 vir navrae of besoek www.helpendehand.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button