Die gr. 4-leerders van Numbi Laerskool het verlede week geleer dat natuurwetenskap groot pret is. As deel van hul lesse oor energieoordrag moes die leerders musiekinstrumente maak. Hulle het geleer dat enige stelsel ‘n inset van energie nodig het om ‘n uitset te lewer en dus moes hul instrumente aan sekere vereistes voldoen. Bewegingsenergie moes die inset wees en klankenergie die uitset.
Die leerders moes ook sketse teken, hulle stappe neerskryf en hulle produk evalueer. Dit is alles in die klas gedoen, wat beteken dat die leerders self gekap, gesny en geverf het om die instrumente aan mekaar te slaan.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
