Die wye Bybelkennis van ‘n groep leerlinge van Laeveld Akademie het hulle verlede week ‘n vierdeplek in die Laerskole Bybelvasvrae-kompetisie besorg. Die span het ywerig die taak aangepak om ‘n paar boeke uit die Bybel op hul vingerpunte te leer ken en het met trots hul skool by Laerskool Breyten verteenwoordig.
Die leerlinge van Laeveld Akademie het die veertien ander spanne opdraande gegee en op die ou einde net ‘n punt agter die derdeplek-wenners geëindig. Die klein verskille in punte tussen die eerste vier spanne het getuig van die strawwe kompetisie en die skool is baie trots op hul span se uitstekende prestasie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
