NewsNewsSchools

Robbies-matrieks geniet ‘n aand van betowering

Die matrieks van Hoërskool Rob Ferreira het pragtig gelyk tydens hul matriekafskeid en die geleentheid baie geniet.

Met blink rokke, stylvolle haarstyle en hoë hakke het die matriekmeisies van Hoërskool Rob Ferreira voor die kameras gepronk tydens hul matriekafskeid verlede Vrydag. Die seuns was netjies uitgevat in pakke en het soos prinse uit ‘n feëverhaal die meisies op die rooitapyt begelei.

Die aand van betowering is by Whispering Thorns, ‘n prentjiemooi gastehuis net buite die dorp, gehou en die gr. 11’s het hard gewerk om die aand vir die gr. 12’s spesiaal te maak. Die kelners was in feetjierokke en netjies pakke geklee en het ten spyte van die koue getrou op hul poste gebly.

Alhoewel die voertuie waarmee die leerlinge gearriveer het nie uitspattig was nie, het ‘n limousine van vier paartjies vir heelwat fluite en applous gesorg. Dit was vir die matrieks groot pret om die byna magiese veranderings in hul vriende se voorkoms te sien en ‘n lang rooitapyt het aan toeskouers, ouers en mede-matrieks die kans gegee om foto’s te neem en komplimente uit te deel.

Toe die groepie na binne begelei is, is hulle verstom deur ‘n banketsaal so reg uit ‘n feëverhaal. ‘n Heerlike driegang-maaltyd is aan hulle bedien, afgesluit deur ‘n paar uur se genot op die dansvloer.

Kyk na die stylvolle pakke en pragtige rokke hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button